Ons leef in die eeu van die visuele. Dit is ‘n faktor wat ons in die Kerk net so sterk in ag moet neem as in die wêreld. Naas die tradisionele Woordbediening is daar vandag ook ‘n sterk behoefte aan die sigbare belewing van God se optrede in die Bybel. Die Christelike drama, kort of lank, gespeel of gelees, in multi- of enkelmedium, opgevoer deur oud of jonk, kan ‘n opwindende, werkbare antwoord bied. Ek het ‘n aantal gebeure wat in die NT evangelies opgeteken is, in kort (20-30min) dramas omskep. Mense wat direk by Jesus betrokke was, of kon gewees het, kom self aan die woord. Bekende verhale kry arms, bene, stemme en veral – harte! AANWENDING Die dramas is uiters geskik as ‘n aanvulling tot die Woordbediening. Verder kan dit gebruik word vir enige geleentheid soos ‘n kerklike- of opvoedkundige seminaar, kampe en uitreike, pouse-aanbiedings by ‘n klassis of sinode, manne- of vrouesaamtrekke, sel-aanbiedings, bybelstudies, kerkraadfunksies, skoolopvoerings, herdenkingsfeeste, kunstefeeste ens.
SAMESTELLING Die dramas is in die meeste gevalle in multi-mediaformaat saamgestel. Dit kan egter ook met groot sukses in enkelmedium (sonder projeksie en musiek) opgevoer word. Verder hoef dit ook nie noodwendig gespeel te word nie, maar kan dit ook gelees word . ‘n Drama bestaan uit die volgende:
ONDERSTEUNINGSPAN Daar moet met elke opvoering mense aangewys word wat verantwoordelikheid neem vir:
VOORDELE VAN ‘N DRAMA-OPVOERING
KOPIEREG Veranderinge in die teks mag slegs met die toestemming van die skrywer aangebring word. Illustrasies
uit boeke (bv uit die Good News Bible) mag slegs geprojekteer word indien daar
nie toegangsfooie gevra word nie. Kopiereg-reëls moet streng nagekom word. Kliek ONDERWERPE vir opsommings van die onderwerpe wat aangebied word. |