Tuis

Wil u dit self doen? Wil u in u eie styl ‘n bybelse drama opvoer?

Teater Biblia bied dramas aan wat u kan help om presies dit te doen.

Die aanbiedings, uit ’n Gereformeerde oogpunt gesien, is gebaseer op gebeure wat in die NT opgeteken is, en dit lê sterk klem op ‘showing’ teenoor die tradisionele ‘telling’ van die evangelie.

Terwyl Teater Biblia die kopiéreg behou en normaalweg ‘n fooi vra vir die opvoerregte van die tekste, is die res u verantwoordelikheid en uitdaging.

 

WILLEMIEN VAN HEYNINGEN

Aangename kennis!

Na wye draaie in die onderwys, opvoedkundige filmbedryf, skakelwese en bedryfsjoernalistiek*, het ek teruggekeer na my lewenslange belangstelling in die doen en late van Jesus. In die skryf van dramas het ek ‘n manier gevind om die bybelse verhale van en oor Jesus in belewenisse te omskep – wat ek graag met u deel.

Dit gaan alles om die verkondiging van die Blye Boodskap - en daar kan groot vervulling wees as ons saam kan ervaar hoe ongelowiges Jesus ontdek en gelowiges Hom herontdek.


Willemien van Heyningen

083 560 6730

willyvh@teaterbiblia.co.za

 

*My volledige CV en verwysings kan op aanvraag verskaf word.

Sign in  |  Recent Site Activity  |  Terms  |  Report Abuse  |  Print page  |  Powered by Google Sites